# SLUTSHAMEWALK GBV: GESLAGSCEWELO: ONS MOET SAAM--DIE REGTE VRAE AAN DIE RECTE MENSE STEL! (2025)

Link/Page Citation

Hoekom kan ons nie die beskermingsbevelstelsel verbeter nie? Hoekomis die polisie in baie gevalle onsensitief? Hoekom is daar nie genoegskuilings in die land nie? Hoekom is LGBTI-spesifieke behoeftes vanbeskermingstelsels uitgesluit? Hoekom is daar nog argaiese wette watmense in gevaarlike huwelike vasvang? Hoekom is ons nie in staat om dienodige nasionale data oor GBV vas te le nie? Almal hou aan se daar ispoiitieke wil om geslagsgeweld aan te spreek. Maar waar is die geld omdie stelling te staaf? As 'n samelewing moet ons ingelig wees,fokus en diegene wat daarvoor verantwoordelik is, aanspreeklik hou.

Teen die einde van 2018 is geslagsgeweld waarskynlik steeds diebelangrikste maatskaplike euwel wat ons nasie in die gesig staar. Teveel vroue leef in vrees vir die mans in hul lewe; volgens die NamibieDemografie en Gesondheidsopname van 2013, is 72% van vroue bang virhulle mans. Te veel Namibiers aanvaar huishoudelike geweld as 'nnormale deel van die lewe, met 44% van mans wat meen fisiese geweld teenhul vrou is geregverdig, volgens die Namibie Demografie enGesondheidsopname van 2000. En 'n ontnugterende en verwoestendegetal vroue is weer vanjaar weens hul geslag vermoor of aangerand.

Daar is egter talle ongelooflike organisasies, instansies enindividue wat elke dag onvermoeilik werk om 'n verskil te maak.Goeie voorbeelde sluit in skoolprogramme wat deur die ministerie vanonderwys ingestel is; opleiding vir gesondheidswerkers deur dieministerie van gesondheid oor seksuele geweld en geweld deur 'nlewensmaat; en ouerskapprogramme wat toenemend gewild word namatebelanghebbendes die noodsaaklikheid daarvan besef.Nie-regeringsorganisasies soos Friendly Haven, Survivors Speak Up, enLifeLine/ChildLine ondersteun slagoffers met berading en met dienavigasie deur die gekompliseerde en soms uitdagende beskermingstelsel.Baie maatskaplike werkers verbonde aan die GBV-beskermingseenheid gee sobaie van hulleself en doen wat hulle kan met beperkte hulpbronne.

"Poiitieke wil" is 'n frase wat gereeld in diekonteks van GBV in Namibie gehoor word. Maar hoekom wil dit voorkom asofniks beter word nie? Hoekom is die Regshulpsentrum (LAC) se verslag Howto Improve the Services of Women and Child Units in Namibia, wat in 2013geskryf is, vandag nog relevant? Hoekom is daar sulke teleurstellendeopvolgwerk en bykans geen implementering van die lyste en lystevoorstelle of nodige aksies wat deur die Nasionale Aksieplan 2012-2016;die Nasionale GBV-berade van 2007 tot 2014; die 13 parlementerevoorstelle van 2014; en talle ander wat deur die LAC en die GBVCoalition (voorstelle wat na die TOTAL SHUT DOWN-optog vroeg in 2018)aanbeveel is nie?

'n Regverdige verduideliking vir die teleurstellendeimplementering kan gevind word in die ingewikkelde aard van sommige vandie aanbevelings wat kopskuiwe asook afleer verg, soos alternatiewe virlyfstraf, die omskakeling van skadelike geslagsnorme en die afskaffingvan skadelike kulturele praktyke. Maar nie alle voorstelle is van soaard dat dit noodwendig tyd verg nie. Daar is talle wat bloot vra datdie mees basiese behoeftes van slagoffers beskerm word om hullewaardigheid, regte en veiligheid te waarborg.

Ons moet ophou om die verantwoordelikheid na die ministerie vangeslagsgelykheid te skuif asof hulle alleenlik gemagtig is om op GBV enverwante probleme te reageer. As voorbeeld bewys dieGBV-ondersoekeenhede dat talle diensverskaffers en instansies betrokkeis. Om doeltreffend op 'n enkele GBVsaak te reageer, is samewerkingnoodsaaklik tussen die polisie (ministerie van veiligheid),gesondheidswerkers (ministerie van gesondheid), maatskaplike werkers(ministerie van geslagsgelykheid), regspraktisyns (ministerie vanjustisie), en nieregeringsorganisasies se gemeenskapswerkers. Tog sienons net hoe die ministerie van geslagsgelykheid ontbied word omGBV-kwessies op te los. In die algemeen sien ons hoe net die ministerieblameer word omdat hulle nie effektief GBV-verwante aangeleenthedeverhinder of daarop reageer nie. As ons aksie wil sien, moet ons anderministeries ook verantwoodelik hou.

In die onlangse bekendmaking van openbare begrotings enaksieplanne, het baie min ministeries GBV direk aangespreek. Dieministeries van justisie, veiligheid en finansies--wat sleutel ensentraal is tot die verbetering van die reaksiestelsel--het geen meldingvan GBV gemaak nie. En solank as wat die burgerlike samelewing niksdaaroor se nie, sal GBV altyd onder aan die onderskeie ministeries seprioriteitslys bly.

Voorts, as die burgerlike samelewing onbewus is van al diebelanghebbendes, gaan hulle natuurlik nie verwag of daarop aandring datander ministeries op hul mandate wat verband hou met GBV, reageer nie.Hoewel die ministerie van geslagsgelykheid as 'n kodrdineerder,raadgewer en fasiliteerder moet optree ('n noodsaaklike rol),beskik dit nie oor die mandaat om ander rolspelers te "dwing"om die kwaliteit en kwantiteit van hul dienslewering te verbeter nie.Dit, gepaard met 'n begroting wat beperk is tot die status quo ommaatskaplike toelaes uit te betaal en nie met die uitbreiding vanprogramme nie, beteken dat die ministerie in wese magteloos is, tog worddit eerste blameer vir onvoldoende dienste en beskerming.

Die vrae oor hoekom en wat is beantwoord. Die lyste van wat om tedoen, is beskikbaar! Dit moet eenvoudig uitgevoer word. Kan ons dusophou om na die ministerie van geslagsgelykheid as die enigste kuratorte kyk en asseblief eise begin stel en belangrike vrae aan al die anderministeries rig, sodat ons eindelik kan beleef hoe GBV aangevat word.

Geskryf deur Brigit Loots en Jane Shityuwete

COPYRIGHT 2019 Sister Namibia
No portion of this article can be reproduced without the express written permission from the copyright holder.

Copyright 2019 Gale, Cengage Learning. All rights reserved.


# SLUTSHAMEWALK GBV: GESLAGSCEWELO: ONS MOET SAAM--DIE REGTE VRAE AAN DIE RECTE MENSE STEL! (2025)
Top Articles
Latest Posts
Recommended Articles
Article information

Author: Allyn Kozey

Last Updated:

Views: 5626

Rating: 4.2 / 5 (63 voted)

Reviews: 94% of readers found this page helpful

Author information

Name: Allyn Kozey

Birthday: 1993-12-21

Address: Suite 454 40343 Larson Union, Port Melia, TX 16164

Phone: +2456904400762

Job: Investor Administrator

Hobby: Sketching, Puzzles, Pet, Mountaineering, Skydiving, Dowsing, Sports

Introduction: My name is Allyn Kozey, I am a outstanding, colorful, adventurous, encouraging, zealous, tender, helpful person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.